News

Oeps! Plesierrit eindig met 4X4 in spruit

Die bestuurder was glo oortuig dat die 4X4 dit maklik deur die stroompie water sou maak.

‘n Plesierrit deur die park tussen Kanonkop en Dennesig het nie afgeloop soos beplan nie.

‘n Wit 4X4 het ‘n rukkie gelede met sy neus in die spruitjie wat die Dennesig dammetjies voer, beland.

Gelukkig is die woonbuurte se inwoners altyd gereed om ‘n buurman in nood te hulp te snel, en ‘n groot groep manne is tans besig om met grawe, die styl walletjie waar die bakkie af is, bietjie meer gelyk te maak, sodat die bakkie uitgesleep kan word.

Beurtkrag het niemand egter ‘n guns gedoen nie, en sterk spreiligte van ander bakkies moes ingespan word.

Die bakkie is reeds gehaak maar die walletjie bemoeilik die sleepwerk effe.

‘n Hulpverlener op die toneel het vertel dat hulle ‘n paniekerige oproep van ‘n vriendin van sy vrou gekry het met die nuus dat sy vassit.

Hulle het dadelik daarheen gery maar besef die bakkie het te diep met sy neus in die spruit beland.

Die bakkie is teen die steil walletjie af, met sy neus wat in ‘n dieperige poel van die spruit tot stilstand gekom het.

‘n Ander helper las by dat daar aan hom vertel is dat die bestuurder die diepte, en breedte, van die spruitjie onderskat het.

Die bestuurder was glo oortuig dat die 4X4 dit maklik deur die stroompie water sou maak.

Die spesifieke poel waar die bakkie wou deur is egter te diep.

Die bakkie het van Kanonkop se kant af tot in die spruitjie gery.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button