News

Brian Clarke laat spoor van ongelukkige verkopers

Hy skuld ’n plaaslike besigheid ook meer as R12 000 vir lisensiegelde en persoonlike lenings.

Brian Clarke is weer in die sop.

’n Diefstalklag vir R15 000 wat hy in ontvangs geneem het, sonder om ’n motorfiets wat hy te koop aangebied het te lewer, is steeds hangende teen hom.

Hy staar ook nou ’n nuwe klag in die gesig, nadat hy na bewering ’n MBW vir R130 000 by ’n motorhandelaar gekoop het, met ’n beweerde vervalste bewys van betaling.

Hy het intussen weer die voertuig verkoop vir R45 000 en ’n klein karretjie in ruil by die prys.

Die nuwe eienaar van die BMW sê Clarke se sake met die motorhandelaar het niks met hom uit te waai nie, en het volgens die klaers teen Clarke reeds die voertuig op sy naam gesit.
Dit is nie Clarke se eerste botsing met die gereg nie.

Hy skuld ’n plaaslike besigheid ook meer as R12 000 vir lisensiegelde en persoonlike lenings.

Hy was jare gelede ook betrokke by ’n bloedige geveg langs die Klein Olifantsrivier waar hy ’n man met ’n hamer bygedam het.

Klagtes is egter nie deur enige van die partye in die rivier aanranding gemaak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button