News

Vrou wat by Gebedsoond dood is was ma, ouma

Inwoners wat op die toneel hulp verleen het, sê "dit was nie mooi nie."

Die vrou wat Vrydagmore tussen 03:00 en 04:00 by die Gebedsoond oorlede is nadat die voertuig waarin sy was, gerol het, is deur haar dogter geïdentifiseer as me. Emmerensia Bekker.

Sy was ‘n ma en ouma.

Me. Bekker is dood, en twee ander insittendes ernstig beseer, nadat die voertuig op die skerp draai by die Middelburg Hospitaal gerol het.

Die voertuig het tot by die Gebedsoond, waar inwoners gereeld vir die dorp bid, gerol.

Die bestuurder staar ‘n klag van strafbare manslag in die gesig.

Inwoners wat op die toneel hulp verleen het, sê “dit was nie mooi nie.”

Me. Bekker is op die toneel dood, terwyl die ander twee beseerdes lelike beenbreuke opgedoen het.

Me. Bekker se dogter en kleindogter, Hilda en Anieka Nortier, het Saterdag ‘n kruis ter nagedagtenis aan hul ma en ouma op die plek waar sy oorlede is, gaan opsit.

Kry jou uitgawe van volgende week se Middelburg Observer vir die onderhoud met die naasbestaandes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button