News
Simfonie van die blare
Dit was ’n simfonie van vallende krakende blare tussen die laning bome langs die Klein Olifantsrivier net voor ’n storm Dinsdagmiddag.
Kobus Terblanché het met sy honde afgestap en die besondere klanke en kleure van die blare afgeneem toe die wind opgekom het.
• Middelburgers het nog tyd tot 27 Mei om in te skryf vir die Middelburg Observer/De Voetpadkloof Herfskompetisie waar ’n midweek gewen kan word by De Voetpadkloof.
Al wat jy moet doen is om herfs en sy pragtige kleure in enige vorm af te neem (sonder om foto’s te dokter), die inskrywingsvorm in die Observer in te vul en te e-pos aan Sjani Campher by sjani@mobserver.co.za.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
