News

Twee Middelburgers by Wêreld Driekampkampioenskappe

Twéé Middelburgers is die afgelope week by die Wêreld Driekampkampioenskappe in Iziba, Spanje, in aksie.

Cobus Fourie is reeds op pad terug waar hy algeheel 27ste geëindig het in die 65-69 ouderdomsgroep en eerste van die Suid-Afrikaners.

Driekamp atleet, Sanet Griesel, sal Sondag meeding in die 50-54 ouderdomsgroep in die langafstand afdeling.

• Sanet was verlede jaar tweede in haar ouderdomsgroep in die Afrika Ystermankampioenskappe.

Daarna was sy een van net 36 Suid-Afrikaners wat gekwalifiseer het om aan die Wêreld Ystermankompetisie in Kona (Hawaii) deel te neem, waar sy algeheel 29ste uit 163 deelnemers in haar ouderdomsgroep geëindig het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button