News
Eerste inwoner van Bloekomsig oorlede
Tannie Sarie Kruger (76), wat een van die langste inwoners was van Bloekomsig, is verlede Donderdag in haar huis in Eccastraat dood.
Sy het longprobleme gehad en is twee keer dokter toe geneem.
Haar seun, Carlo, het gesê dat daar baie bloed op die toneel was, wat ’n aanduiding is dat sy bloed opgegooi het, omdat sy gesukkel het om asem te kry.
Sy was geliefd by haar familie en almal wat haar geken het in Bloekomsig.
• Me. Kruger se begrafnis is Maandag (8 Mei), om 11:00, uit die Ou Apostoliese Kerk in Zuidstraat 1.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
