Motoriste word herinner dat die N11, Loskopdampad, more vanaf 05:00 gesluit sal wees weens die Loskopmarathon.
Daar heers tans verwarring omdat daar op sekere groepe gesê is dat die pad al om 04:00 sal sluit.
Dit is egter pas met die organiseerders bevestig dat die roete vanaf 05:00 weerskante vanaf Middelburg en aan Damwal (Groblersdal) se kant gesluit sal wees. Die pad behoort teen 13:30 weer oop te wees.
Die R555 (Stoffbergpad) kan as alternatiewe roete gebruik word.
- Die afsnytyd vir atlete om by die eindpunt te wees is 13:00.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
