
Lede van die Dagpatrollie en Middelburg Polisie het agter ‘n swart BMW aangejaag wat hulle ‘n ‘ontvoering’ op die noodgroepe genoem het.
Op die Dagpatrollie se noodgroep is daar vir hulp geroep en is ook gesê dat die polisie deel is van die soektog na ‘n man.
Die presiese omstandighede van die gebeure is nie presies bekend nie.
Daar is net gesê dat die voertuig agterna gesit is en verloor is in die Industriële gebied in Slegtkampstraat.
Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) het ook op die noodgroep genoem dat die situasie “nou ‘n kaping en ontvoering is.”
Hulle het ook gemeld dat ‘n losprys gesoek word en dat ‘n bankkaart vir die man gegee is.
- Omdat daar op die groep melding gemaak is van ‘huismoles’ word die BMW se registrasienommer en die betrokkenes se name nie genoem nie. Daar is egter pas ‘n persoon se naam op die groep genoem, wat blykbaar die ‘kar gesteel het en homself uit die voete gemaak het.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.