‘n Groot gat in die teerpad en ‘n liggaam wat eenkant op die sypaadjie lê, laat verskeie inwoners van Blesbokstraat in Kanonkop wonder wat gebeur het.
Met die joernalis se aankoms op die toneel, het daar ‘n paar munisipale voertuie om die gat gestaan en het munisipale werkers in die voertuite gesit.

Daar is op die toneel vir persone wat langs die toneel gestaan het, gevra of enigiemand weet wat moontlik gebeur het, maar niemand het ‘n antwoord gehad nie.
Iemand het net genoem dat paramedikuste die oorledene vroeër vanaand dood verklaar het. Hulle weet ook nie of die gat in die teeroppervlak enigsens iets te doen het met sy dood nie.

- Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
