News
Bye verwyder wat munisipale werkers wil klits
Byeboer Martin Nel het seker gemaak onwelkome bye wat munisipale werkers wou keer om kabels reg te maak, word veilig verwyder.
Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 is op 2 Mei, net na 21:00, uitgeroep, nadat munisipale werkers, wat kabels moes herstel, op ’n byekorf afgekom het.
Die byekorf is ontdek toe kabels oopgegrou is vir herstelwerk.

Die radiogroep het mnr. Nel gekontak, waarop hy uitgegaan en die bye verwyder het, sodat hulle kon voortgaan met hul werk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
