News
Posbussleutel in oprit opgetel
Daar is twee weke gelede ’n posbussleutel by ’n oprit van ’n woning in Morkelstraat opgetel.
Aan die sleutel is ’n rubber sleutelhouer met die woorde, ‘Best Mom in the Universe’.
Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het dit op hul WhatsApp-groepe versprei, maar kon tot op hede nie die eienaar opspoor nie.
Die sleutel is ingehandig by die Middelburg Observer se kantore en kan afgehaal word by die redaksiekantoor.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
