Nuwe intrekker kry onwelkome ontvangs op dorp
’n Ses voet Camp Master Challenger sleepwa is tydens beurtkrag laasnag by die Stepping Stone woonstelle in Limpopostraat gesteel.
Mnr. Neil Labuschagné vermoed hy is dopgehou, want hy het die naweek sy laaste huisware van Rustenburg af na Middelburg getrek. Hy bly die afgelope twee maande in Middelburg.
Hy kan nie glo dat hulle die waentjie gesteel het nie.
“Die sleepwa was in die perseel en vasgetrek deur my bakkie. Hulle moes hom opgetel het om hom uit te kry!”
Die sleepwa is wit van kleur en die registrasienommer is SPC153NW.
• As enigiemand die sleepwa opmerk, kan hulle Lynette Minnaar (mnr. Labuschagné se vriendin) bel by 072 204 1326.
• Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3, het dadelik na die toneel gejaag toe hulle van die diefstal hoor, om mnr. Labuschagné te ondersteun en die area te fynkam.
