News

Dorp weer rooi en groen geverf

Jy is hierdie week óf Groen óf Rooi!

Dit is die derbyweek en HTS Middelburg, wat die gasheerskool is, skud sy vere reg vir een van die grootste sportweke ooit.

Die aksie het reeds vanoggend (Maandag) begin met gholf en muurbal.

Dinsdagaand het die Rooies hulle spanne bekend gestel en die gholftrekking van die Old Boys gholfspanne het by die Middelburg Buiteklub plaasgevind.

Woensdag takel die A hokkiespanne mekaar by HTS Middelburg se astrobaan.

Vrydag hou die twee skole weer hulle optogte deur die dorp met HTS wat rooi en groot gaan.

Hulle optog begin om 8:15 vanaf die skool en strek daarna tot by Laerskool C.R. Swart, die Middelburg Observer in Meyerstraat, Laerskool Kanonkop, Laerskool Dennesig, Laerskool Middelburg, Middelburg Primary en Aerorand Primary en stop weer om 12:00 by HTS waar daar gees gevang word.

Die tennis en skiet vind die middag plaas.

Die rugby skop om 7:30 Saterdag af met die o/14A spanne se kragmeting en die hoofwedstryd is om 15:00.

’n Interessante toevoeging is die Pumas se laerskole spanne wat in aksie is vanaf 8:35 voordat die o/15A spanne van die twee skole om 10:45 speel.
Die netbal begin om 8:15 met die o/19A spanne wat om 11:30 in aksie is.

Na die dag se sport word daar ’n musiekkonsert by die skool aangebied.

•Moenie die derby bylaag in Donderdag se Middelburg Observer misloop nie. Daar is vele kleurryke foto’s van die twee skole se spanne. Koop ’n koerant en bewaar hierdie mooi herinneringe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button