News
Middies wys hy het nie rooi nodig vir gees nie
“Die enigste manier hoe Hoërskool Middelburg kan gees vang is wanneer HTS Middelburg hulle groen klere aantrek”.
Met hierdie boodskap wat rondgestuur word is die skote afgevuur in ’n week van groot geesvang voor Saterdag se derby by HTS Middelburg se sportvelde.
Middies het vanmiddag op sy pawiljoen saamgetrek en met samesang aangedui hy het nie nodig om rooi klere aan te trek vir gees nie.
Die skool het in asemrowende groen gewys dat hy nie ’n metert sal terugstaan vir die salvo wat vanaf oorkant die pad afgevuur is nie.
Vanmiddag word die hokkie wedstryde beslis en die Middelburg Observer se Matthew Handley is reeds by die astrobane van HTS Middelburg om die aksie vas te vang.
Moet ook nie ons lewendige aksie van Vrydag se optogte misloop nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!