News

GPS-stelsel wys Willem het water ingery

Willem Kruger se bakkie se GPS-koördinate wys dat die voertuig die area naby die kroeg verlaat het en na die waterrand van die Vaalrivier gery het, waar dit gebly het tot die sein doodgegaan het.

Dit is volgens kenners ’n aanduiding dat die bakkie onder die water beland het.

Mnr. Barry Bateman (woordvoerder, Afriforum se Privaat Vervolgingseenheid) het vanoggend bevestig dat hul ondersoekspan in besit is van die GPS-koördinate wat deur die voertuigopsporingsmaatskappy verskaf is, wat die bewegings van Kruger se bakkie daardie oggend van sy verdwyning (13 November 2022) aandui.

“Dit vorm deel van die objektiewe feite wat die eenheid tot sy gevolgtrekking laat kom het.”

Alhoewel die beweging van die GPS per selfoon was, sê die verklaring wat mnr. Bateman gestuur het, dat die resultate egter weens die swak sein nie so akkuraat is as wat dit kan wees nie.

“Ons wil ’n kenner na die toneel neem en met ’n behoorlike buite-GPS-opsporingstoestel die bewegings tot op ’n punt stipuleer.”

Hy het verder gesê dat dit dan in die dossier ingesluit sal word om die aanklaer of landdros te help met die neem van ’n besluit.

• Willem het in die vroeë oggendure van 13 November 2022 verdwyn tydens ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge.

Gevorderde toerusting is gebruik om die Vaalrivier, wat op daardie stadium in vloed was, te deursoek. Sy bakkie, met Willem se oorskot nog daarin, is nege dae later gevind.

•Daar was die naweek ’n berig in die Sondagkoerant, Rapport, dat daar op vier selfone beslag gelê is van gaste wat by die rampartytjie was maar die Suid-Afrikaanse Polisie wou dit nie bevestig of ontken nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button