News

As jy rooi is en beweeg is jy in HTS Middelburg se optog

As jy beweeg en rooi is, is jy vanoggend in HTS Middelburg se optog.

Die skool het so pas vanaf sy sportterrein vertrek op pad na Laerskool Staatspresidnet C.R. Swart en daar was van trekkers, tot motorfietse en natuurlik vrolik wuifende leerlinge in die rooi optog.

Vanaf C.R. Swart vertrek die optog in Meyerstraat af na die kantore van die Middelburg Observer waar ’n geskenk aan die redakteur oorhandig sal word deur die hoof, mnr, Hoppie van Jaarsveld, wat die optog lei.

Die roete strek dan na Laerskool Kanonkop, Dennesig, Laerskool Middelburg, Middelburg Primary, Aerorand Primary en eindig weer by die skool, waar daar geesvang is vir die res van die dag.

More se rugby, netbal en meisies hokkie begin reeds vroegoggend by HTS Middelburg.
Intussen word die skiet en tennis vanmiddag afgehandel.

Die rugby wedstryde skop om 7:30 af met die o/14A spanne wat mekaar pak.

Intussen het honderde oudleerlinge op die dorp toegesak en daar heers ’n gees van afwagting vir more se groot derbydag.

@middelburgobserver

Rooi optog begin!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

@middelburgobserver

Die Derby se geesvang kook met HTS Middelburg se Rooies wat hulle optog afskop

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button