News

Besighede weer sonder krag – dalk erger beurtkrag

Besighede in Newtonstraat staan weer botstil nadat ’n kragkabel gisternag weer uitgegrawe is.

Van die besighede vervaardig gepatenteerde goedere vir markte oorsee en sê naas beurtkrag, die volgehoue diefstal en vandalisme, sake erg knou.

Dit is die derde maal in ’n jaar dat die kabel gesteel is.

Nadat dit verlede jaar gesteel is, is die kabel relatief gou vervang, maar sowat 30 sentimeter diep gelê.
Daar sal nou gekyk word om die vervangingskabel dieper te begrawe.

’n Voertuig is gisteraand gebruik om die kabel uit die grond te trek.

Besighede sê dat die transformeerder in die straat ook gereeld deurloop.

Hulle het al aangebied om vir ’n staalstruktuur rondom die transformeerder te betaal, maar die munisipaliteit het dit afgeskiet.
Besighede het selfs hul eie sekuriteitsbeamptes opdrag gegee om die transformeerder dop te hou.

Volgens een van die klaers het daar Donderdag sowat ses ure se produksietyd verlore gegaan, buiten normale beurtkrag.
Verlede week het besighede meer as 15-uur se produksietyd verloor, buiten beurtkrag.

Die skade affekteer kragtoevoer na Eastdene en dele van die sentrale sakekern.

Die besighede sê dat hulle tans nog in die donker is en steeds wag vir die munisipaliteit om die kabel te vervang.

•Intussen is die vrese dat Middelburg nog erger beurtkrag gaan kry, ’n sterker moontlikheid, nadat Eskom die Steve Tshwete Munisipaliteit opdrag gegee het om skedules vir hoër vlakke op te stel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button