News

Mineralia, Suid, uitgedoof na drie transformators ontplof

Die hele Mineralia en ’n groot gedeelte van Middelburg Suid is sonder krag nadat drie munisipale transformators op die hoeke van Diamant- en Delwerystraat kort na beurtkrag ontplof het.

Raadslid Deon van der Merwe sê die transformator het ontplof enkele minute nadat die kragtoevoer na 09:00 weer herstel is.
Hy sê die hele Mineralia is op die stadium uitgedoof en dat huise in Suid ook geaffekteer is.

Die skade is aangemeld maar dis tans onduidelik hoe lank herstelwerk gaan neem.
Die munisipaliteit is egter reeds besig met herstelwerk.

Die munisipaliteit kry tussen 500 en 900 oproepe weens kragonderbrekings na elke beurtkrag-fase.

Munisipale bestuurder Mandla Mnguni het die week weer gewaarsku dat munisipale hulpbronne tot die uiterste beproef word met beurtkrag.
Vandalisme en diefstal speel ook ’n groot rol.

Daar is juis gisteraand weer ’n kragkabel in Newtonstraat gesteel.

Dit is die derde keer in net ’n jaar, dat die spesifieke kabel in Newtonstraat gesteel is.

Mnr. Mnguni sê dat Middelburg se kragnetwerk nie ontwerp is om deurlopend aan-en-af geskakel te word nie.

Kragstuwings veroorsaak onuithoudbare druk op die netwerk, en lei tot probleme soos die ontploffing van transformators.

Hy vra dat inwoners onnodige elektriese toestelle soos geysers en swembadpompe stelselmatig na beurtkrag aanskakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button