News

Bykans R1 miljoen se verlies na kragopwekkers gesteel word

Naas die R500 000 kragopwekker wat Saterdag gesteel is by Mass Hire, het die maatskappy ook derduisende verliese in eMalahleni gely, weens die diefstal van ’n kompressor op 7 Mei, vermoedelik deur dieselfde sindikaat.

Mnr. Miguel Challis van Mass Hire sê dat, soos in die diefstalegevalle by Fountain Corner en Pioneer Drill & Blast, waar ’n silwer Vivo bussie by albei voorvalle gebruik is, is dieselfde wit Nissan NP200 bakkie, in beide diefstalle by Mass Hire gebruik.

In die naweek se voorval is ’n sekuriteitswag by Mass Hire deur drie gewapende mans oorval, en in ’n toilet vasgebind.
Hulle het daarna die perseel ingery, die kragopwekker ter waarde van ’n halfmiljoen rand gehaak, en doodrustig weg gery.

Mass Hire se kragopwekker wat gesteel was.

Met die diefstal van die kompressor by Mass Hire in eMalahleni, is dieselfde bakkie op CCTV beeldmateriaal opgeneem.
Soos in die Vivo se geval, het die bakkie se kenmerke, soos wieldoppe, ook ooreengestem.

Die nommerplate wat op CCTV kameras vasgevang is, is ook intussen as valse plate bevestig.
In Saterdag se voorval is die nommerplaat dié van ’n Jeep.

Die Nissan NP200 wat vermoedelik beide die kragopwekker en kompressor weggery het.

Mnr. Challis sê, ondanks die feit dat hy die beskrywing van die Nissan NP200 wyd op sosialemedia, insluitende die Middelburg Observer platforms versprei het, daar nog geen deurbraak met die diefstalle was nie.

Hy vermoed dat die Vivo en bakkie moontlik deur dieselfde sindikaat ingespan word “want die modus operandi stem baie ooreen, die buit ook.”

“Die skade is enorm,” sê mnr. Challis.

Hy waarsku ander besighede dat kragopwekkers hoog op die lys is vir sindikate.

“Hulle is toegerus, bewapen, ons praat georganiseerde misdaad,” sê mnr. Challis.

https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7235954804713901318

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button