Berigte en gerugte van borge wat wou “onttrek” en ouderdomspanne wat onttrek het, maar toe die son Saterdagaand oor Middelburg sak, het die dorp weer sy bors trots uitgestoot.
HTS Middelburg was nou wel die “underdogs” tydens die derbydag, maar het hulle net die die rooi tapyt uitgerol nie!
Dit was merkwaardig om te sien hoe die skool steeds sy beste voet voorsit van die netbalbaan af tot die rugbyveld. Dit is ’n bloudruk hoe so dag aangebied moet word.

Daar is Sondag in Rapport berig dat 9 000 toeskouers die kragmeting tussen die eerstespanne bygewoon het, maar dit het eerder na 12 000 plus gelyk.
Toeskouers wat nie plek op die pawiljoene kon kry nie, het sommer op die atletiekveld gesit.
Al het Hoërskool Middelburg se spanne die week oorheers, behalwe op die skietbaan, was die gees op en van die veld af onberispelik.
Die opstootjie of twee in die o/16 rugby wedstryd is nie iets om oor huistoe te skryf nie, ook nie die swak sportmangees van een speler in die eerstespan wedstryd nie.
Dit was ’n mooi dag.
@middelburgobserver Rooi tapyt uitgerol vir Derby
@middelburgobserver MIDDIES het hul merk gelos tydens Derby
