News

Hiënas se middernagtelike feesmaal laat harte vinniger klop

’n Besoek aan die Nasionale Kruger Wildtuin se ablusieblokke het in ’n rare ondervinding verander toe ’n Middelburg-egpaar op drie hiënas se middernagtelike feesmal afgekom het.

Izak en Ansie du Plessis was een van die gelukkiges om nie net die belewenis in lewende lywe te ervaar nie, maar dit op kamera vas te vang.

Ansie vertel dat sy en Izak saam met haar broer vir die week by Satara gaan kampeer het, toe Izak in die vroeë oggendure opgestaan het om van die badkamergeriewe gebruik te maak.

“Dit was doodstil en al wat ek kon hoor was die geluide van die hiënas wat ’n karkas opskeur.”

Izak het met sy flits gelig waar hy die drie hiënas skaars 20 meter van hulle staanplek af gesien het aan iets vreet.
Hy was eerste op die toneel maar het vinnig sy swaer en Ansie gaan wakker maak om die besondere oomblik saam met hom te beleef.

Ansie het vertel dat baie dinge deur hulle gedagtes geflits het en dat hulle eers onseker was of die hiënas besig was om te vreet aan mens of dier. Met nadere ondersoek (let wel op ’n veilige afstand) het hulle toe gesien dat die karkas die van ’n rooibok is.

Foto’s van die gebeure is deur die du Plessis met Middelburg Observer gedeel.

Terwyl ander kampeerders om hulle wakker geword het, het een van die hiënas spoorloos verdwyn en net twee het oorgebly.

Hulle het duidelik net in hulle maaltyd belang gestel en die groep kampeerders het saam met Ansie en Izak tot 05:00 gestaan en kyk, tot net die kop en bene van die karkas oorgebly het.

Ansie en Izak vertel dat dit ’n buitengewone ondervinding was wat hulle nooit sal vergeet nie, maar dat dit opnuut respek vir die natuur, in hulle wakker gemaak het.

“Ons het net weer besef om nooit sonder ’n flits in enige wildspark rond te loop nie en ook nie kinders alleen te laat rondloop nie.”

• Een van die ander kampeerders het in ’n onderhoud met ’n ander koerant vertel dat ’n luiperd die rooibok gevang het, toe die hiënas dit van hom weggeneem het.

“Ek was eerste om hulle raak te loop. Daar was ’n jakkals ’n ent daarvan af, maar ek het nooit die luiperd gesien nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button