News

Nel weer in hof vir beweerde moord

Dawie Nel, die oud Middelburger wat op ’n klag van moord in Pretoria teregstaan, het weer ’n vlugtige verskyning in die hooggeregshof gemaak, waar die saak uitgestel is tot ’n latere datum.

Nel is al bykans drie jaar in aanhouding nadat hy in Desember 2020 by sy Meyerspark huis deur die Silvertonse polisie gearresteer is. ’n Taiwanese vriendin is dood in sy bed gekry.

’n Huismaat het op die toneel afgekom.

Die Taiwanees was glo betrokke by die verspreiding van dwelms en het ook as gesellin gewerk.

Die staat beweer dat Nel die vriendin na ’n nag van metamfetamien misbruik, verwurg het.
Nel kan egter niks van die voorval onthou nie.

Hy is kort na sy inhegtenisname verwys vir psigiatriese waarneming.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button