News

Jano kom dalk terug

Van HTS Middelburg tot die Pumas se Grant Khomo span, Cravenweek, SA Skole, al die Leeus se ouderdomspanne, Blou Bulle, Japan en nou staan Jano Venter (29) dalk aan die begin van ’n nuwe lewe buite rugby.

Die gewilde witkop het die laaste paar jaar sy rugby vir Yakult Levins in Japan gespeel.
’n Ernstige kniebesering waarvoor hy ses weke terug geopereer is kan die einde van sy loopbaan beteken.

“Op die oomblik voel ek my lyf is moeg en seer, maar ek het gelukkig nege maande tyd om ’n besluit oor my loopbaan te maak.”

Na vyf jaar in Japan staan sy kop terug na braaivleis, sonneskyn… en dalk ’n afrigterspos iewers.
Behalwe dat hy sy talente as afrigter kan inspan, is hy reeds besig met hommeltuig opleiding

Oor sy rugbyloopbaan sê Jano hy is tevrede en trots met wat hy bereik het.

“Ek het ’n groot liefde en passie vir rugby en sal graag wil terugploeg in die spel,” sê hy.

Personeel by HTS Middelburg was hoogs beïndruk met die oud Rooie se insette toe hy die skool se eerste rugbyspan voor die groot derby bygestaan het.
Dit is duidelik dat die voorslag agsteman ’n reuse aanwins vir enige skool sal wees.

•Jano het op laerskool nie die Puma span gehaal nie, maar was wel in 2007 in die Bokkieweek vir die o/13 span op Kroonstad in aksie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button