News
Verskeie kinders beseer in ongeluk
Daar is klaarblyklik tot 80 laerskoolkinders beseer in die Vandyksdrif/eMalahleni busse ongeluk vroeër vanoggend.
Verbygaande motoriste het laat weet dat die pad reeds oop is en dat ’n paar geskokte kinders nog langs die pad by die busse staan.
•’n Bron het laat weet dat dit blyk dat ten minste 13 kinders na die eMalahleni Hospitaal en meer as 50 na die Witbank Provinsiale Hospitaal afgevoer is met van geringe tot ernstiger beserings.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
