News

Aktivis teen plaasmoorde stap deur Mpumalanga

’n Aktivis teen plaasmoorde in Suid-Afrika is besig met ’n staptog deur Mpumalanga.

Petrus Sitho en sy span loop met kruise en vlae deur gedeeltes van Mpumalanga vir die bewusmaking van plaasmoorde en ander misdade op plase, en om slagoffers van die misdade te ondersteun.

’n Hele paar inwoners van Belfast het saam met hulle gestap en ook met voertuie tot buite die dorp saam met hulle beweeg.

Terwyl hulle vanaf Belfast na Dullstroom gestap het, het Petrus tydens ’n onderhoud gesê dat “God het al jare terug dit op my hart gedruk om iets aan die plaasmoorde in ons land te doen.”

In 2018 het hy begin om onderhoude te voer met families van boere en hul werkers wat uitgemoor is.

Daarna het hy bedank by John Deere, en voltyds begin met ’n bewusmakingsaksie, wat hy ‘Stop Farm Killings SA, Enough is Enough/Stop Plaasmoorde SA, Genoeg is Genoeg,’ noem.

“Genoeg is genoeg! Daar moet iets gedoen word!” het mnr. Sitho gesê.

Hy het gevra vir ’n vergadering op 8 Junie met die minister van polisie, Bheki Cele, om die moorde en aanvalle te bespreek.

“Ons moet gehoor word. As iemand my oorsee ook wil hê om vir hulle te vertel wat in ons land aan die gang is, sal ek gaan! Maar hierdie wreedheid moet gestop word!”

Die groep het van Dullstroom na Lydenburg en vandaar na Nelspruit gestap. Hulle sal vanaand in Nelspruit oorslaap, waarna hulle na Barberton en dan na Waterval Boven sal stap. Die laaste skof is Maandag na Carolina.

•Hulle loop nie net van dorp tot dorp nie, maar besoek slagoffers en by geleentheid help hulle selfs met patrollies op plase as hulle in die omgewing is.

•Petrus noem dat hulle bestaan uit vier lede, waarvan drie die grootste gedeelte van die roetes stap. ’n Ondersteuningsvoertuig beweeg saam met hulle en sorg vir kos en water langs die pad.

Sou daar gevaarlike gedeeltes op die roetes wees, ry hulle ook entjies saam met die voertuig.

Petrus het genoem dat hulle nie ondersteun word deur politieke partye of ander groepe nie.

“Ons is afhanklik van borge vir eet- en drinkgoed, tekkies, basiese noodhulpbenodigdhede en ook brandstof. As enigiemand ons wil ondersteun, meer inligting verlang of wil hê dat ons hulle in ander dorpe of provinsies besoek, kontak ons gerus.”

Vir navrae, bel Petrus by 073 008 4105.

•Die foto’s en video is goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie.

@middelburgobserver

Stop Farm Killings SA marches through Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button