News
Oud-HTS Faktotum sterf skielik
Dries Maree (61), die man wat tot met sy aftrede die faktotum was by HTS Middelburg, is Dinsdag skielik by sy seun se huis in Steelpoortstraat oorlede.
Die vermoede bestaan dat hy aan ’n bloedklont in die long gesterf het.
Mnr. Maree se familie onthou hom as ’n persoon wat altyd bereid was om te help. Hy het ook ’n besondere band met sy kleinkinders gehad.
Hy word oorleef deur sy seuns, Robert en Junior, skoondogters, vier kleinkinders, twee susters, Katinka en Annalize, familie en vriende.
Die begrafnis is op 2 Junie om 14:00 uit die St John’s Familiekerk (Bhimy Damane 57).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
