News

Bedrieër vang nie slagoffer ’n tweede keer nie

’n Inwoner waarsku dat ’n vrou haar skoonheid misbruik om mense te bedreig met haar stories van ’n roof wat haar gestrand gelaat het.

Die vrou is slank gebou met skouer-lengte swart hare wat mense nader nadat sy pas “beroof is van haar handsak en selfoon” en dat haar jong dogtertjie saam met haar in die kar is.

Die vrou ry glo ’n wit Jeep en vra geld vir brandstof.

“Sy het so twee maande terug my gevang met die slenter. Ek het haar gehelp.”

Die man verneem dat die vrou hom nie kon onthou toe sy hom ’n tweede keer probeer uitvang nie.

• Verskeie pogings om die slagoffer in die hande te kry was onsuksesvol. Mense met meer inligting kan ’n e-pos stuur aan sjani@mobserver.co.za.

Back to top button