News
Veediewe spits toe op perd
'n Belfast boer is heeldag op die spoor van sy geliefde perd en 'n donkie nadat veediewe by hom toegeslaan het.
Eddie Duggan het vertel dat hy meer as 20 kilometer die spore gevolg het toe hy dit in die veld naby die ou Dalmamutha verloor het.
Die boosdoener moes iewers voor sonopkoms toegeslaan het.
“Die perd is 18 jaar oud en ons het hom met die bottel grootgemaak so hy is soos ‘n kind in die huis.”
Mnr Duggan is ook bekommerd oor die perd se welstand omdat die dief wat hom gesteel het die perd baie hard gery het en moontlik sy hoewe skade aan gedoen het.
Indien enige iemand meer inligting het, word daar gevra dat hulle mnr. Duggan kontak op 082 334 0221
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
