News

Venster tydens beurtkrag uitgegooi

Bianca de Beer het die hele nag regop gesit nadat ’n voorwerp hul kamerruit in Vaalstraat (Groenkol) getref en dit gebreek het.

“Die gat was groot genoeg vir ’n persoon om deur te klim nadat dit heeltemal gebreek het en ek was te bang om te gaan slaap. Ons weet mos nie wat hul intensie was nie!”

Me. De Beer sê dit was tydens beurtkrag, omstreeks 20:30 toe sy die venster hoor breek het.

“Iemand moes van baie naby af die venster stukkend gegooi of met iets geskiet het. Ons het nog niks gekry nie en weet nie wat dit was nie.”

Sy onthou dat haar man ingeloop het by hul badkamer regoor hul kamer, toe sy die glas agter haar hoor breek.

Van skrik het sy aanvanklik gedink dit is hy wat ’n grappie maak en iets laat klap, maar toe hy uit die badkamer hardloop en sê sy moet ’n flits bring, het hulle besef dit is iets anders.

• Hulle het klein stukkies glas in hul kamer gekry, soos iets wat dit getref het, waarna die res van die ruit na die buitekant toe gebreek het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button