News

Inbreker vlug toe inwoner “magasyn leeg maak”

Die skote het gisteraand weer in Dennesig geklap.

Misdaadvoos inwoners reageer al meer op hulle eie weens die gebrek aan polisiëring, terwyl lede van die Dagpatrollie groep, staat maak op hulle bystand.

’n Vermeende motorfietsdief is juis ’n paar jaar gelede by die Dennesig dammetjies dood gekry, nadat hy geskiet is. Hy het tot by die dammetjies gevlug, waar hy tussen riete gesterf het.

Gisteraand, tydens beurtkrag, is daar gepoog om by ’n huis in Steve Bikostraat in te breek, toe die huiseienaar sy magasyn “leeg gemaak” het.

Verskeie inwoners van noodgroepe het reageer op die skote en een bejaarde vrou het gesê sy het haar “melk” weggeskrik. Haar man het eers gedink daar word aan die deur geklop tot hulle agtergekom het daar is ’n klein oorloggie naby hulle aan die gang.

Mnr. Arthur Hill en ander lede van Dagpatrollie het die gebied gefynkam, maar die inbreker het in die donker nag verdwyn.

Daar word byna daagliks skote gehoor op die dorp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button