News

Beseerde bobbejaanbaba ‘verdwyn’

Wat het van die beseerde bobbejaanbaba in Kranspoort geword?

’n Mamma bobbejaan wat by haar beseerde kleintjie in Kranspoort sit, het motoriste Maandag hewig ontstel.
Toe daar egter hulp gestuur is, was die kleintjie en sy ma skoonveld.

Mnr. Bernard van den Berg sê hy is Maandag gekontak deur ’n motoris wat gesien het dat ’n bobbejaan kleintjie beseer is en in die poort op die teeroppervlak lê.
Mnr. Van den Berg het dadelik die personeel van die Loskop Natuurreservaat gebel om te gaan kyk.

Die hele Kranspoort is gefynkam, maar hulle kon nie die kleintjie opspoor nie.

Hy vermoed dat iemand óf die kleintjie opgelaai het of dat die bobbejaanwyfie hom dalk self weggevat het.

Enige persoon wat dalk ooggetuie was van die kleintjie en sy ma in die poort, kan Daleen Naude bel by 013 243 1434.

• Mnr. Van den Berg is die voorsitter van die komitee vir die Middelburg Dierebeskermingsvereniging (DBV).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button