News

Wen ’n kruiwa vol pryse

Die Memorable Order of Tin Hats (M.O.T.H) Gondar Bomkrater hou op 3 Junie hulle jaarlikse vlooimark waar vele pryse op die spel is.

Inwoners word uitgenooi om die dag saam met M.O.T.H-lede te geniet, waar gelukkigetrekkings gehou sal word en ’n verskeidenheid van stalletjies en ’n kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Toegang na die mark is gratis, maar opsionele kaartjies van R10 kan by die hek gekoop word wat besoekers outomaties inskryf by die gelukkigetrekkings.

Boekies en kaartjies kan ook aangekoop word om in te skryf vir die trekkings, wat R10 ’n kaartjie beloop en R100 per boekie (bevat 11 kaartjies).
Pryse bevat die gewilde kruiwa vol skenkings, ’n krat vol skenkings en ’n sak vol skenkings.

Bewyse vir brandstof, kruideniers en vleis word ook as deel van die gelukkigetrekkings uitgedeel.

Die mark sal plaasvind by die Gondar Bomkrater, op die hoek van Gilfillan- en John Magagulastraat en begin om 09:00.
Vir kaartjies of om ’n stalletjie te bespreek kan Mike Kolesky by 079 016 8121 gekontak word.

• Die Memorable Order of Tin Hats is ’n onafhanklike broederskap van oud-dienslede.

Die organisasie is in 1927 gestig in huldeblyk aan lede wat in diens gesterf het, en bevorder kameraadskap en liefdadigheid aan oud-dienslede en die gemeenskap.

Back to top button