Voetslaanklub gaan Fanie Botha aandurf
“Moenie hierdie een mis nie, ons gaan heerlik saam kuier,” sê Faan Steenkamp, voorsitter van die klub.
Cycad Voetslaanklub het die jaar vyf naweek roetes gestap in Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, sowel as die Vrystaat. Die klub toon gesonde groei en nuwe lede skakel besonder maklik in by die bedrywighede.

Nog vyf pragtige roetes in ons mooi land is reeds beplan, waarvan een die alombekende Fanie Botha, vyfdagroete in die Laeveld. Klublede het nou al in die verlede bewys dat ’n bietjie winterkoue hulle nie afskrik nie en staproetes word in die winter ywerig gestap.

Die klub se volgende sosiale aand vind plaas op Donderdag, 1 Junie, om 19:00, by die jeuglokaal van Hervormde Kerk Noord, h/v Akasia- en Vygiestraat. Alle lede sowel as diegene wat belangstel om by die klub aan te sluit, word uitgenooi na die sosiale aand, waartydens verversings om die winterkoue hok te slaan, aangebied sal word.
“Moenie hierdie een mis nie, ons gaan heerlik saam kuier,” sê Faan Steenkamp, voorsitter van die klub.

Vir verdere navrae kontak Faan by 082 5657 656 of Janet Steenkamp by 084 2450 400.
