News

Dokter draf nog, later met helikopter by skool opgepik

Helikopter land twee keer by laerskoolveld.

Die bekende dokter Paul du Plessis is vanoggend in ’n Netcare helikopter vanaf Laerskool Middelburg se sportvelde na die Wilgers Hospitaal vervoer.

Sy vennoot, dr. Redge Van Rensburg, het bevestig dat hy met die helikopter na die Wilgers Hospitaal geneem is.

Dr. Van Rensburg sê dat dr. Du Plessis vanoggend nog gaan draf het en kort daarna siek geword het.

Daar word verneem dat hy klaarblyklik ’n hartaanval gehad het en by die Life Midmed Hospitaal gestabiliseer is, waarna hy per helikopter oorgeplaas is.

Die leerlinge van Laerskool Middelburg is eenkant toe geneem sodat die helikopter op die veld kon land.

• Rudolph Hibbert, wat Saterdag in ’n motorfietsongeluk op die Loskopdampad betrokke was, is ook per helikopter opgepik op die sportvelde van Laerskool Middelburg.
Hy is met die Netcare helikopter oorgeplaas na die Milpark Hospitaal.

Die Netcare helikopter het Saterdagaand (foto) op Laerskool Middelburg se sportvelde geland om Rudolph Hibbert op te pik en het vanoggend weer daar geland om dr. Paul du Plessis op te pik.

Back to top button