News

Vermeende dief van solarligte vasgetrek

Slagoffers van misdade gevra om sake te maak.

Inwoners van Kanonkop en Dennesig hoop hulle sal nou kan rustig slaap nadat ’n vermeende dief van solarligte vanoggend in Oribistraat vasgetrek is.

Juanita Groenewald (ondervoorsitter, NRS3) sê die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het vroeg vanoggend reageer op inligting dat ’n man ’n solarlig in Wag ’n Bietjiestraat gesteel het en “aan die hardloop is”.

Hulle het die lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 4 (Kanonkop/Dennesig) in kennis gestel en die lede van die Dagpatrollie het ook gehelp met die soektog na die verdagte.

In Oribistraat is hy vasgetrek en is die solarlig teruggekry.

Die solarlig wat in sy besit gekry is.

• Dit is al die derde keer dat die betrokke verdagte deur radiogroeplede gevang word vir spesifiek diefstal van solarligte.

“Ons het hom in Gholfsig ook gevang, maar die polisie moes hom ongelukkig elke keer laat gaan, omdat mense nie sake wil maak nie! As hulle hul ligte terugkry, dan wil hulle nie aangaan met die sake nie. Mense moet onthou dat hulle sake moet maak, alvorens ’n verdagte aangekla kan word,” sê Juanita.

• Sy het bevestig dat die slagoffer van vanoggend se diefstal wel ’n saak geopen het en die man gearresteer is. Hy sal na alle waarskynlikheid vanmiddag of more in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button