News

Inwoners sien rooi oor moere

Honde en seun keer wieldiewe.

Was dit nie vir die honde se geblaf en ’n op en wakker vyftienjarige seun nie, sou die wieldiewe sekerlik weg gekom het met ’n stel bakkiewiele.

Hulle het egter net die wielmoere gesteel.

Me. Michelle Nieuwoudt sê hul honde het Sondag kort na middernag erg begin blaf by hul huis in Steve Bikostraat (Dennesig).

Hul honde blaf gewoonlik erg vir die bure se honde en hulle het gedink dit is weer die geval.

Me. Nieuwoudt se vyftienjarige seun, Sean, het egter opgestaan en hulle gaan stilmaak, omdat dit so laat in die nag was.

“Ek dink dit het die diewe die skrik op die lyf gejaag,” sê me. Nieuwoudt.

Almal was teen 00:30 weer terug in die bed en die honde weer rustiger.

Sy het eers Maandagoggend onraad vermoed toe sy sien een van hul plaveiselstene is agter haar bakkie se wiel en dat daar nog plaveiselstene rondstaan.

Met nadere ondersoek het sy gesien dat haar bakkie se wielmoere gesteel is en besef dat die wieldiewe in hul erf was.

Sy meld dat hul honde nie voor naby die motorhuis kom nie, aangesien sy hulle juis agter hou om seker te maak hulle word nie vergiftig nie.

Die honde sou egter die booswigte kon sien en het daarom so erg geblaf. Hulle het ’n labrador en ’n deense hond (great dane).

Me. Nieuwoudt voel baie kriewelrig oor die diefstal, juis omdat daar verlede jaar ’n paar honde in hul straat vergiftig en ’n waterponie (Jetski) gesteel is.

“Hulle het ons destyds juis gewaarsku nadat verdagtes op en af voor ons huis verby geloop en ons dopgehou het.” Hulle het daarna ekstra slotte aan hul hekke aangebring.

• Alle aanduidings is dat die boewe oor die palissadeheining geklouter het, want al die slotte was nog vas en ’n voetspoor is gevind op die hekmotor en vuil handmerke teen die heining.
• Sy noem dat die besigheid waar sy ander wielmoere gaan koop het vanoggend, vir haar gesê het dat ’n hele paar mense oor die naweek daar was om wielmoere te koop, omdat wiele en wielmoere gesteel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button