News

Nuwe inligting na Melissa se dood

Persoon wat Melissa se dood veroorsaak het, steeds vry.

Wilde bewerings word gemaak sedert die nag wat Melissa van der Westhuysen (35) gesterf het nadat haar bromponie deur ’n dubbelkajuit bakkie getref is.

Melissa het verlede Saterdagoggend op die toneel in Lilian Ngoyistraat gesterf, terwyl die persoon wat haar bromponie getref het, weggejaag het.

’n Jong man wat by ’n kuierplek was tot laatnag. is deur sy eie vriende by die polisie verkla en mense het aangeneem dat dit hy was wat die ongeluk veroorsaak het.

Daar is egter betroubaar verneem dat sy bakkie deur die polisie nagegaan is en geen bewyse van ’n ongeluk gevind kon word nie.

Verlede week het die jong man, vergesel deur sy prokureur, by die polisie opgedaag, nadat hulle die boodskap gekry het dat daar na hom gesoek word.

Mnr. Josef van Eeden, prokureur, het hierdie week gesê dat die polisie ’n leidraad opgevolg het en dat sy kliënt homself gaan oorgee het, omdat die polisie na hom gesoek het.

“Op grond daarvan het ons hom ingevat. Die polisie het ’n onderhoud met hom gevoer, maar weens die uitstaande ondersoek, is hy laat gaan.”

Dit is steeds nie ’n uitgemaakte saak dat die jong man die persoon was wat die bakkie bestuur het die nag van die noodlottige ongeluk wat Melissa se lewe geëis het nie.

Die joernaliste van die Middelburg Observer is sedert die ongeluk deur verskeie mense gekontak met inligting wat die ondersoek in ’n hele ander rigting kan stuur.
Hierdie inligting is deurgegee aan die polisie vir verdere ondersoek.

• Melissa was ’n liefdevolle vrou wat gelewe het vir haar seun, Jason (15).
Dit is ook hoekom sy twee werke gehad het om vir hom ’n goeie opvoeding te gee. Sy het voltyds by Bafana Finance gewerk en deeltyds as kroegdame by die Kantien Klub 31 (Reserviste kantien).

Sy was juis op pad terug saam met twee werknemers die nag na hulle skof by die kantien, toe haar bromponie van agter af deur ’n dubbelkajuit bakkie getref is.

Melissa se vriendin, Felicity Marx, het voor Melissa gery toe die ongeluk in Lilian Ngoyistraat plaasgevind het.

Hulle drie het in ’n konvooi gery het, toe hulle die slag agter hulle gehoor het.

Die bromponie het verby hulle gevlieg en die bakkie het bly voortjaag oor die rooi verkeerslig op die hoek van Lilian Ngoyi- en Proteaweg.

Felicity het later gesê dat “hy het nie eers probeer stop het nie.”

Na aanleiding van die merke op die pad blyk dit of Melissa getref is waar Impalastraat by Lilian Ngoyistraat indraai.

Haar bromponie is 50 meter ver geslinger en haar liggaam was ’n paar meter verder agter die wrak. Haar valhelm is op die hoek van Duikerstraat gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button