News

Twee beseer in kruising-ongeluk

Man vertel wat gebeur het.

Twee persone is beseer in ’n ongeluk by die Samora Machel/Oranjestraat kruising naby die begraafplaas.

Mnr. Stephan Ferreira is op die toneel deur paramedikuste vir ’n diep kopwond behandel en ’n polisieman is per ambulans met ’n voetbesering hospitaal toe geneem.

Volgens mnr. Ferreira het hy van Verdoornstraat af gery in Aerorand se rigting.

Hy sê by die kruising, waar Verdoornstraat na Oranjestraat verander, was die lig vir hom groen en het hy oorgery, waarna die polisievoertuig hom van Samora Machelstraat se kant af (vanaf Mall se rigting) getref het.

Die polisievoertuig het skade op die deur van die bestuurderskant.

Met die impak van die slag, het sy veiligheidsgordel gebreek.

Sy Hyundai Atos is skuins voor op die neus getref en die polisievoertuig het skade op die deur.

• Mnr. Ferreira het op die toneel gekla van pyn weens die kopbesering en dat sy heupe ook seer is. Vriende het aangebied om hom hospitaal toe te neem nadat sy voertuig ingesleep is.

Die Atos se voorkant is heeltemal plat na die ongeluk.
Mnr. Stephan Ferreira het ’n kopbesering in die ongeluk opgedoen.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button