News

Beter met man wat deur pit bulterriër aangeval is

Pa van vier sterk tuis aan.

Hein Janse van Rensburg se vier seuns is baie bly hul pa is uit die hospitaal ontslaan na die traumatiese gebeure waar hy deur hul pit bulterriër aangeval is.

Hein jnr (14), Jaco (11), Hendrikus (3) en Heinrich (17 maande) draai al om hul pa om seker te maak hy is gemaklik.

Dit gaan beter met Hein wie se hande twee weke gelede deur sy pit bulterriër verskeur is.

Hy het met sy hande gekeer toe sy hond, Rocky, hom omgespring en in die gesig en nek wou byt.

Hy is verlede week in die Life Midmed Hospitaal opgeneem waar hy twee keer teater toe is vir operasies aan beide sy hande.

Hein is intussen ontslaan en sterk tuis aan.

“Ek voel elke dag ’n bietjie beter. Ek sien Maandag weer die dokter, dan sal hulle kyk wat die skade aan my hande is.”

Die hond het sy hande geweldig verskeur en hy het tans in van sy vingers aan sy linkerhand geen gevoel nie.

“Die dokter het gesê my hande gaan ’n lang tyd neem om te herstel.”

Hein is bekommerd aangesien hy die eienaar is van ’n insleepdienste.

“My insleepvoertuig het gestaan en ek was besig om aan hom te werk in die tyd voor ek gebyt is.” Hy mag glad nie sy hande gebruik tans nie en kan nie bekostig dat iemand anders die bakkie regmaak en hy iemand kry om te help met die insleepvoertuig nie.

• Intussen is daar nog etlike duisende rande uitstaande op die mediese rekeninge, aangesien die gesin nie ’n mediese fonds het nie.
Hulle bedank elke persoon wat tot nou toe bydraes gelewer het.
Mense wat wil help met die mediese uitgawes, kan 079 183 1059 bel (hospitaal se rekeningbesonderhede sal verskaf word).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button