Die polisievoertuig waarin die drie polisielede was.
Drie polisielede is gister beseer in die ongeluk op die hoeke van Samora Machel- en Oranjestraat.
Daar is aanvanklik gedink dat een lid van die Blitspatrollie beseer is in die ongeluk, wat om sowat 15:00 plaasgevind het.
Vanmiddag het die polisie se provinsiale mediakantoor gesê dat drie lede van die Blitspatrollie in die voertuig was wat in die kruising met ’n ander voertuig gebots het.
Mnr. Stephan Ferreira het ’n kopbesering opgedoen en is na die ongeluk dokter toe geneem.
Die drie polisielede is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer, waar twee dieselfde dag ontslaan is.
Een van die polisielede is egter steeds in die hospitaal waar hy vir sy beserings behandel word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.