News

OG-verslag verf donker prentjie vir Mpumalanga-munisipaliteite

“Mpumalanga is die enigste provinsie wat geen inisiatief ingestel het om hierdie afhanklikheid van konsultante te verminder nie.

“Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor munisipaliteite vir die 2021/2022 finansiële jaar, wys dat Mpumalanga se munisipaliteite effektief verder in die grond gedryf word,” sê Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Mpumalanga.

“Dit is weens swak bestuur, oortredings wat straffeloos gelaat word en onbetaalbare skuld wat ophoop.”

Die verslag, wat op 31 Mei uitgereik is, toon dat die provinsie se skuld aan Eskom van R9,51 miljard in 2020/2021 tot R13,46 miljard vermeerder het. Skuld aan waterrade is R1,4 miljard.

Die provinsie se totale balans vir onreëlmatige besteding was R6,55 miljard. Laat betalings aan verskaffers het gelei tot rente van sowat R835 miljoen.

Sommige verskaffers is tot 456 dae laat betaal. Sestien uit die agtien munisipaliteite se skuld is onbetaalbaar.

“Vyf plaaslike munisipaliteite – Mbombela, eMmalahleni, Lekwa, Govan Mbeki en Thaba Chweu – is onder sulke erge finansiële druk dat daar twyfel geskep is oor of die munisipaliteite sal kan voortbestaan.

“Hierdie munisipaliteite bestee geld wat hulle nie het nie, en ‘leen’ dan by die volgende jaar se begroting om die huidige jaar se kostes te dra.

Slegs twee distriksmunisipaliteite, Ehlanzeni en Nkangala (waarvan Middelburg deel is), het skoon ouditverslae ontvang.

Verder het die provinsie R245, 37 miljoen aan konsultante bestee aangesien aangestelde amptenare nie self hul werk kan doen nie.

“Mpumalanga is die enigste provinsie wat geen inisiatief ingestel het om hierdie afhanklikheid van konsultante te verminder nie.

“Die OG se algehele mening oor Mpumalanga is dat daar swak beheer en ’n gebrek aan leierskap in die provinsie is.

“Hierdie wanbestuur en agteruitgang van die provinsie sal nie ophou totdat die ANC uit die kussings gelig is nie. Mpumalanga verdien beter as die ANC.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button