News

Ouers en kinders kort na mekaar gekaap

Stemboodskap sê mans wat hul voordoen as verkeersmanne het kinders en later hul ouers gekaap.

n Egpaar en hul kinders is gister kort na mekaar op die N12 gekaap, volgens ’n stemboodskap wat tans die rondte doen op sosiale media.

Tydens die vorige gevalle is altyd gesê dat dit “die blouligbende” of mense was wat hulle voorgedoen het as polisiemanne.

In hierdie geval word op die stemposboodskap gesê dat dit kapers was wat hulle voorgedoen het as verkeersmanne.

Volgens die boodskap sou die familie met vakansie vertrek na die Nasionale Krugerwildtuin en sou almal in Middelburg by ’n gastehuis oorslaap en dan vanoggend vertrek na die wildtuin.

Die ouerpaar het klaarblyklik vroeër gery en was eerste by die gastehuis.

Hulle het bekommerd geraak toe hulle nie van die kinders hoor nie en het aanmekaar na hulle toe gebel.

’n Onbekende stem het geantwoord en het hulle dadelik op die Toep op hul fone gekyk waar hul kinders se voertuig op daardie stadium ry.

Hulle het gesien die voertuig het ’n U-draai gemaak en is op pad terug in Brakpan se rigting.

Die opsporingsmaatskappy is in kennis gestel wat reageer het en die dogter herken het wat agter die stuur van die bakkie was.

Die voertuig is gestop, waarna die kapers uitgespring en al skietende weggehardloop het. Daar is gelukkig niemand raakgeskiet nie.

Volgens die stemboodskap is die een seun oor die kop geslaan met ’n wapen en beide die seuns vasgemaak en agter in die bakkie laat sit.

Op presies hierdie tyd het die ouerpaar, wat onbewus was dat hul kinders al gevind is, in die rigting gejaag waar hulle die laaste keer die kinders se bakkie op die Toep gesien het.

Sowat twintig kilometer van die kinders se toneel af, het persoon, wat gesê het hy is ’n verkeerskonstabel, die ouerpaar afgetrek.

Daar is vir die man gevra hoekom hy so jaag, waarop hy verskoning gemaak het dat hy so vinnig ry, want sy kinders is moontlik gekaap en hy is op pad soontoe.

Voor hy nog verder kon verduidelik het die voorste passasiersdeur by sy vrou oopgevlieg en het die persoon dreigend gesê: “this is also ’n hijacking!”

• Dit is nie duidelik of die ouerpaar veilig gevind is nie, want die stemboodskap brei nie daaroor uit nie. En die gebeure soos geskets op die stemboodskap kon ook nog nie amptelik bevestig word nie.

Enige persoon wat meer inligting het oor die beweerde kaping of weet wie die betrokkenes is, bel Daleen Naudé by 013 243 1434 of 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button