News

Slim plan om kabeldiewe te keer

Iemand het met ’n goeie plan vorendag gekom om kabeldiewe in hul spore te stuit.

Verskeie mense het vir die joernalis foto’s gestuur wat op ’n WhatsApp-groep van ‘Crime SA’ geplaas is.

“Dit is dalk ’n oplossing vir kabeldiefstalle in Middelburg! Ons moet dit vir die munisipaliteit wys! ’n Kabeldief kan nogal seerkry as hy dit wil steel.”

Die staalpenne van nader gesien. Dit sal beslis ’n kabeldief twee keer laat dink.

’n Groep inwoners het saamgestaan en in die betrokke straat (daar word nie gesê watter dorp op die groep nie) staalpenne teen elektriese pale opgesit om diefstalle te verminder.

Op die meegaande foto’s kan duidelik gesien word hoe dit lyk teen die pale en beslis ’n afskrikmidddel sal wees vir kabeldiewe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button