News
Speler tydens uitspele beseer
Die eerstespan speler van Laerskool Middelburg wat Saterdag van die veld afgedra is tydens die wedstryd teen Middelburg Primary School is tuis.
Die speler, wie se naam op versoek weerhou word, het bly lê na ’n losgemaal en is kort daarna van die veld af gedra.
Hy is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem, waar hy na behandeling ontslaan is.
• Mnr. Gerrie van der Merwe (hoof) sê die seun het harsingskudding opgedoen en sterk tuis aan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
