News

Dief en meisie skrik ewe groot toe hy fiets steel

’n Fietsdief het sy buit neergegooi en laat spaander, toe hy op heter daad betrap is.

Die dief en ’n jong dogter het ewe groot geskrik, toe hy gister (Maandag) om 15:30 oor die muur van ’n huis in Tambotiestraat geklouter het.

Volgens Thea van der Vyver, kon hulle op CCTV-beeldmateriaal sien hoe die dief oor hulle agtermuur klim. Hy het in hulle erf rondbeweeg na hulle binnehof, waar hy hulle wendyhuis gebruik het om by die bure se erf in te klouter.

Videomateriaal wys hoe hy op ’n plek die deur na hulle binnehof probeer oopmaak.

Thea en haar gesin was aanvanklik nie tuis toe hy op hulle erf rondgeloop het nie, maar moes iewers terwyl hy by die bure doenig was, by die huis aangekom het.
Hy het weer oor die muur by hulle erf ingeklim met ’n fiets wat hy by die bure gesteel het.

“My dogter het hom deur die venster gesien en aan die gil gegaan, en my man is na buite om ondersoek in te stel. Dis toe wat die dief die fiets neergegooi en by die straat af gehardloop het.”

Die dief stoot die fiets deur hulle erf voordat hy skrik en dit neerslinger.

Thea vertel dat die dief dieselfde lyk as die een in ’n foto wat onlangs op WhatsApp-groepe versprei is. Die man in die foto is betrokke by die diefstal van buiteligte.

Volgens Thea het diefstal van fietse duidelik toegeneem want sy het talle navrae gehad van mense wie se fietse gesteel is.

Hulle kon eers later deur hulp van die videomateriaal bepaal dat die fiets aan hulle bure hoort, en sal die fiets aan hulle terugbesorg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button