News

Hein wys gevolge van pit bulterriër se aanval

Die man wie se hande op 28 Mei erg verskeur is deur sy pit bulterriër, se verbande is afgehaal en hy was verstom hoe dit genees het.

Hein Janse van Rensburg se verbande is hierdie week afgehaal nadat hy twee keer in die teater was in die Life Midmed Hospitaal om die ernstige wonde te heg.

Aan die hand van ’n video het hulle gewys hoe die dokters selfs een van sy naels weer moes heg met ’n steek.

Hein se hande lyk heelwat beter nadat al die wonde geheg en hy behandeling gekry het in die Life Midmed Hospitaal.

Alhoewel sy hande nog erg geswel is, is die plekke wat met steke geheg moes word, besig om mooi te genees.
Sodra die wonde gesond genoeg is, sal daar met fisioterapie begin word.

• Rocky, die pit bulterriër, het altyd saam met die kinders op hul beddens geslaap en die gesin wonder steeds wat hom die dag van die aanval skielik so aggressief gemaak het. Hy is dieselfde dag na ’n plaas geneem en uitgesit.

Rocky die pit bulterriër het graag by die kinders geslaap. Op dié foto lê hy by klein Heinrich.

• Hein was vir ’n paar dae in die Life Midmed Hospitaal en omdat hulle nie ’n mediese fonds het nie, beloop hul uitgawes etlike duisende rande.
Die fisioterapie moet ook kontant betaal word.

Persone wat met die mediese rekeninge bydraes wil lewer, kan 079 183 1059 bel (rekeningbesonderhede sal verskaf word).

 

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/05/30/man-kan-gebruik-van-hande-verloor-na-pit-bulterrier-aanval/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/05/31/man-wat-deur-pit-bulterrier-aangeval-is-gesels-uit-hospitaalbed/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/05/31/dokters-veg-om-pit-bulterrier-slagoffer-se-hande-te-red/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/05/29/beserkte-pit-bulterrier-keer-gesin-in-huis-vas/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button