News

Raadslid veg vir lewe en dood teen rowers

Geveg om lewe en dood in klerewinkel.

Raadslid, Damien Klopper, het pas vir lewe en dood geveg teen rowers in die Ackermans winkel in die Midwater Sentrum.

Sy pa, Coen, sê daar is bloed op die toneel gekry, maar dit is beslis nie Damien se bloed nie. Dit blyk dat een van die aanvallers sy makker raakgeskiet het.

Volgens Coen was Damien en sy elfjarige dogtertjie in Ackermans om vir haar klere te koop.

Hulle was reeds in die ry, toe vier rowers by die winkel instorm “en ’n wapen in Damian se gesig druk.”

Die aanvallers het sy wapen afgevat en Damien het dadelik begin terugveg.

Die chaos in die winkel waar Damien Klopper teen die vier rowers geveg het.

Terwyl hy met die een baklei het, het die ander drie op hom toegesak en hom geslaan en geskop.

In die gestoei het hy daarin geslaag om die een met die wapen se wapen na bo te druk en ’n skoot het afgegaan.

Hy het egter die magasyn uit die wapen geruk.

Hy kon daarin slaag om die magasyn uit die wapen te ruk.

Na die geveg het die booswigte gevlug.

Daar is pas verneem dat verdagte mans by die Tarries Fietsrybaan aangekeer is.

• Buiten ’n paar stukkende plekke, het Damien nie ernstige beserings opgedoen nie.
Sy dogtertjie is egter erg getraumatiseer deur die gebeure.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button