News

Motorfietsdiewe keer terug om handewerk klaar te maak

Net ’n paar maande nadat motorfietse by ’n huis in Kanonkop gesteel en tydens ’n klopjag by die Uitkyk informele nedersetting teruggekry is, het die diewe weer toegeslaan.

Op sosiale media word daar gesê dat die motorfietse deur die loop van die nag in Duikerstraat gesteel is, maar mnr. Ben Roestoff het bevestig dat die motorfietse by hul huis in Blesbokstraat gesteel is.

Hul boerboel, Cody, is ook vergiftig.

Lees ook:

Drie motorfietse uit motorhuis in Blesbokstraat gesteel

Mnr. Roestoff het genoem dat die boewe drie motorfietse en gedeeltes van hul Suzuki motorfiets, wat nog nie alles aanmekaar gesit is nie, gesteel het.

’n Onlangse foto van mnr. Ben Roestoff by sy BMW motorfiets. Dié motorfiets is een van drie wat laasnag gesteel is.

Die diewe het in Novembermaand die motorfietse gesteel en is dit kort daarna tydens ’n reuse klopjag by ’n onwettige wrakwerf (chop-shop) weer aan hulle terugbesorg. Van die motorfietse was reeds uitmekaar gehaal.

Lees ook:

Drie motorfietse in stukke by Uitkyk “chop-shop” gevind

Laasnag het die booswigte die voorste hek en die motorhuis se slotte gebreek, om by die motorfietse uit te kom.

Die vierwielaangedrewe motorfiets wat gesteel is.

Dié keer het die boewe met buiten die Suzuki se parte, ook weggekom met ’n LTZ 400 vierwiel aangedrewe motorfiets, ’n YZ 250 Yamaha veldmotorfiets en ’n GS 1200cc BMW.

• As enige persoon die motorfietse iewers opmerk, bel mnr. Roestoff by 082 889 2403.

Gedeeltes van die Suzuki motorfiets wat nog nie aanmekaar gesit was nie, is ook gevat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button