News

Oud-polisieman sterf weens kanker

Die bekende oud-polisieman, Frans Minnaar (68), is Saterdag by die St Josephs Tehuis weens kanker oorlede.

Sy vrou, Mara, sê hy was die afgelope maand by St Joseph’s waar hy in die verswakte afdeling liefdevol deur die personeel versorg is.

• Frans het in 2006 met vroeë pensioen gegaan in die polisiemag en het afgetree as adjudant offisier.

• Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie, maar die plan is om die begrafnis volgende Woensdag uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente, te hou. Die tyd is nog nie bevestig nie.

• ’n Volledige berig en huldeblyk oor Frans se lewe, kan in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.
Frans is die soveelste persoon, wat voorheen verbonde was aan die polisiemag, wat die afgelope tyd oorlede is.

• Kapt. Johann Grobler, die geliefde Duikpunt Bevelvoerder is gister na ’n hartaanval oorlede.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/07/03/kaptein-grobler-was-soos-n-pa-vir-sy-lede/

• Piet Cross, wat tot met sy aftrede by die Handelsmisdaad Eenheid van die provinsiale kantoor in Middelburg gewerk het, is op 20 Junie oorlede.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/06/23/piet-se-begrafnis-saterdag/

• Louan Cason het op 25 Junie gesterf. Hy het eers by die aanklagkantoor gewerk, daarna was hy verbonde aan die speurtak en tot met sy aftrede was hy by die Middelburg Landdroshof werksaam.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/06/26/bekende-oud-polisieman-sterf-by-sy-huis/

• Tannie Hessie Bodenstein (84), wat vir jare die telefoniste was by die provinsiale kantoor van die polisie, is op 26 Junie oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button