News

’n Wit sprokiestapyt oral hier om ons!

Jy kan ’n bottel Old Brown Sjerrie wen met jou sneeufoto!

Reg rondom Middelburg is die wêreld van gister af in ’n sprokiestapyt wat met sneeu ingekleur is en die foto’s stroom in.
• Persone kan steeds sneeufoto’s instuur om in aanmerking te kom vir ’n bottel Old Brown Sjerrie.
• WhatsApp jou foto’s na 072 248 3855 of stuur ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za.

Strumpher Loodgieters het dié pragfoto, wat geneem is op ’n plaas buite Hendrina, ingestuur.

Jaco van Wyk het gisteraand die koue trotseer in Belfast en foto’s by Die Rusoord geneem.

Louwtjie Jordaan het omtrent pragfoto’s geneem by die Duvha Kragstasie!
Jaco van Wyk het foto’s by die Rusoord geneem terwyl dit gesneeu het.
Strumpher loodgieters het ook die foto ingestuur.

 

Louwtjie Jordaan se foto wys dat die wêreld in wit getooi was nog voor die son behoorlik op was.
Jaco het ook die besondere foto vanaf Die Rusoord in die rigting van die kerk geneem.
Louwtjie Jordaan wys hoe die sneeu en wit rookbolle saam ’n besondere foto maak.
Louwtjie Jordaan het op pad werk toe ook ’n huis afgeneem wat se grasdak nie bruin nie, maar wit was van die sneeu.
Louwtjie Jordaan het tyd gemaak om ’n sneeuman ook te bou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button